Vrystad (Vrystaat + Stad) is ’n fotoverhaal. Die reeks fotos vertel die stories van dorpe in die Vrystaat. Elke dorp het ’n unieke storie en die Vrystad reeks poog om die karakter en sin van plek (genius locus) van elke dorp vas te vang. Die fotos verteenwoordig ook ’n reis deur die Vrystaat en ’n soeke na oomblikke wat die uniekheid van elke dorp verteenwoordig. Onder die oppervlak van elke foto lê ’n dieper begrip.
Vrystad as uitgestal in Julie 2016 die vrynge fees wat deel vorm van die Vrystaat Kunstefees en later September 2016 by ‘Inextricable’ deel van Urbanflo’s Digital: Diasora series in Brighton, Verenigde Koninkryk.